Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Guggenmusik

Guggenmusik in Basel, Switserland

Guggenmusik is 'n sterk ritmiese musiek, wat deur blaasorkeste op 'n eienaardige manier met "vals" note gespeel word. Die musiek het sy oorsprong in die Alemanniese gebiede van Switserland en Suidwes-Duitsland, waar dit in die plaaslike dialekte ook Guggemoseg, Guggemusig of Chatzemusig genoem word. Die "geheim" van die musiek is dat dit net 'n bietjie vals gespeel moet word, sodat die wysies en trefferliedjies maklik herkenbaar is, maar nog steeds vreemd klink. Dit word van 'n ritmiese seksie oorheers wat dit uiters geskik maak as meesleurende dans- en straatmusiek tydens die Karnaval. Die musikante is altyd vermom en dra maskers.

Guggenmusik is 'n integrale bestanddeel van die Swabies-Alemanniese Karnaval en die Karnaval-feesvierings in Basel, Luzern en Sentraal-Switserland.

Die term Guggenmusik verwys in Switserse Duits na alle soorte blaasmusiek en is vermoedelik afgelei van die Alemanniese gugge ("sakkie"). Guggemusig verwys in Switserland dus na 'n groep mense, wat saam musiek speel en eenvoudige maskers – vroeër meestal sakkies – gedra het.


Previous Page Next Page






Guggenmusik ALS Guggenmusik German Guggenmusik English Guggenmusik French Guggenmusik Italian

Responsive image

Responsive image