Haai Tydperk: Siluur—Onlangs
| |
---|---|
Grysrifhaai (Carcharhinus amblyrhynchos) | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Superorde: | Selachimorpha
|
Ordes | |
Carcharhiniformes |
Die haaie is 'n groep seevisse wat gekenmerk word deur 'n kraakbeenagtige skelet, vyf tot sewe kieusplete weerskante van die kop en borsvinne wat nie aan die kop versmelt is nie.
Moderne haaie word in die klade Selachimorpha (of Selachii) geklassifiseer en is verwant aan die groep van rôe (Batoidea), wat wel varswaterspesies insluit. Die benaming "haai" word egter ook gebruik vir uitgestorwe lede van die subklas Elasmobranchii buite die Selachimorpha, soos die Cladoselache en Xenacanthus genera. Volgens hierdie breër definisie word die eerste bekende haaie na meer as 420 miljoen jaar gelede dateer.[1]
Sedertdien het die haaie in meer as 470 spesies gediversifiseer. Hulle wissel in grootte van die klein dwerglanternhaai (Etmopterus perryi), 'n diepseespesie van net 18 sentimeter (7 duim) in lengte tot die walvishaai (Rhincodon typus), die grootste vis ter wêreld, wat ongeveer 12 meter bereik (39 voet). Haaie word in al die oseane aangetref en is algemeen tot 'n diepte van 2 000 meter (6 600 voet). Hulle kom oor die algemeen nie in varswater voor nie, maar daar is 'n paar bekende uitsonderings, soos die Zambezihaai en die rivierhaai, wat beide in seewater en varswater kan oorleef.[2]
Hulle bekom suurstof deur 5-7 kieusplete elk weerskante net agter die kop. Haaie het verder 'n bedekking van dermale dentikels wat hul vel teen skade en parasiete beskerm, wat ook bykomend hul vloeidinamika deur die water verbeter. Hulle het veelvuldige stelle van vervangbare tande.[3]
Bekende spesies soos die witdoodshaai, tierhaai, blouhaai, kortvin-mako en die hamerkophaai is uiters suksesvolle roofvisse - organismes op die kruin van hul voedselketting in die water.
Baie haaibevolkings word bedreig deur menslike aktiwiteite.