Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Hammershus [hɑməʀsˈhuːʔs] was 'n versterkte burg aan die noordweskus van die Deense Oossee-eiland Bornholm. Dit is vandag een van die grootste bouvalle-komplekse van sy soort in Noord-Europa. Die burg is 74 meter bo-oor die see op 'n krans opgerig en word met 'n ringmuur met 'n lengte van 750 meter versterk. Die burg lê nader by die Duitse en Sweedse vastelande as by die Deense.