Hemeltempel* | |
---|---|
Unesco-wêrelderfenisterrein | |
Die Bidsaal vir Goeie Oeste, die grootste gebou in die Hemeltempel. | |
Ligging van die Hemeltempel in China | |
Koördinate: 39°52′56.07″N 116°24′23.29″O / 39.8822417°N 116.4064694°O | |
Lande | Volksrepubliek China |
Tipe | Kultureel |
Kriteria | i, ii, iii |
Verwysings | 881 |
Streek† | Asië-Stille Oseaan |
Inskripsiegeskiedenis | |
Inskripsie | 1998 (22ste Sessie) |
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn. † Streek soos deur Unesco geklassifiseer. |
Die Hemeltempel of Tempel van die Hemel (tradisionele Chinees: 天壇, Tiāntán) is ’n keiserlike godsdienskompleks in die suidooste van Sentraal-Beijing. Die kompleks is besoek deur kesiers van die Ming- en Qing-dinastie vir jaarlikse seremonies waarin tot die hemel gebid is vir ’n goeie oes. Dit word soms ’n Taoïstiese tempel genoem,[1] hoewel Chinese hemelaanbidding, veral deur keisers, van voor Taoïsme dateer.