Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Hemera

Hemera
Griekse oergodin
Hemera, deur William-Adolphe Bouguereau (1881)
Hemera, deur William-Adolphe Bouguereau (1881)
Naam Hemera
Godin van Die dag
Man Eter
Ouers Erebos en Nyx
Broer Eter
Kinders Talassa
Romeinse eweknie Dies

Hemera (Grieks: Ἡμέρα) was in die Griekse mitologie een van die eerste of oergode. Sy was die verpersoonliking van die dag en volgens Hesiodus die dogter van Erebos en Nyx (Nag).[1] Hyginus sê egter in sy voorwoord tot die Fabulae dat Chaos haar vader/moeder was en Nyx haar suster.

Sy was die vroulike eweknie van haar broer en man, Eter (Lug), maar nie een van hulle kom dikwels voor in mites of kultusse nie. Volgens Hyginus is haar kinders Uranos, Gaia en Talassa, terwyl Hesiodus net Talassa noem. Volgens die Teogonie verlaat Hemera Tartaros net wanneer Nyx dit binnegaan, en omgekeerd[2] (as simbool van die wisselwerking tussen dag en nag).

  1. Hesiodus. Teogonie, 124-125.
  2. Hesiodus. Theogonie, 744.

Previous Page Next Page






Hemera ALS هميرا Arabic Hemera AZ Гемера BE Гемэра BE-X-OLD Хемера Bulgarian Hemera BR Hemera BS Hèmera Catalan Hémerá Czech

Responsive image

Responsive image