Hervormingsdag (Duits: Reformationstag) is 'n kerklike feesdag wat deur Evangelies-Lutherse Christene in Duitsland op 31 Oktober ter herdenking van die kerkhervorming deur Martin Luther gevier word.[1] Op 31 Oktober 1517 het Luther sy geloofsbelydenis in 95 stellings aan die deur van die slotkerk te Wittenberg vasgespyker.
In Switserland word die eerste Sondag in November as Hervormingsdag gevier. Ondanks dié land se gereformeerde belydenis het ook die Switserse Hervormingsdag die hervorming in Wittenberg as godsdienstig-geskiedkundige agtergrond.