In anatomie is heterochromie (Grieks: heteros ‘verskillend’ + chroma ‘kleur’[1]) ’n verskil in kleur, gewoonlik van die iris maar ook van hare of die vel. Heterochromie is ’n gevolg van die relatiewe oormaat of gebrek aan melanien (’n pigment). Dit kan oorgeërf word of die gevolg wees van mosaïsisme, chimera, siekte of besering.[2]
Heterochromie van die oog (heterochromia iridis of heterochromia iridum is tweesoortig. In algehele heterochromie is een iris ’n ander kleur as die ander. In gedeeltelike heterochromie of sektorale heterochromie is die gedeelte van een iris ’n ander kleur as die res van dieselfde iris.
Oogkleur, spesifiek die kleur van die irisse, word hoofsaaklik bepaal deur die konsentrasie en verspreiding van melanien.[3][4][5] Die geaffekteerde oog kan hipergepigmenteer (hiperchromaties) of hipogepigmenteer (hipochromaties) wees.[6] Gewoonlik dui ’n oormaat van melanien in mense op hiperplasie van die irisweefsel en ’n tekort aan melanien dui op hipoplasie.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)