'n Hopliet (Oudgrieks: ὁπλίτης / hoplítês, "swaargewapende"[1] < ὅπλον / hóplon, mv.: ὅπλα / hópla, "wapenrusting"; later ook: "hoplieteskild"[2]) was 'n swaargewapende infanteris in die Oudgriekse leër, in teenstelling tot die liggewapende gymnes (γυμνής / gumnếs) en psilos (ψιλός / psilós). Die vernaamste wapen van 'n hopliet was sy lans, waarmee hy in 'n geslote slagorde genaamd die falanks, aan die stryd deelgeneem het.