Die Hugenotetonnel is 'n tonnel in die provinsie Wes-Kaap wat Worcester en die Paarl op die N1 nasionale pad deur die Klein-Drakensteinberge verbind. Dit is met 'n lengte van 3,9 kilometer die langste padtonnel in die Suidelike Halfrond en Suid-Afrika se eerste toltonnel.