Icacinaceae | |
---|---|
Icacina oliviformis | |
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Icacinales |
Familie: | Icacinaceae Miers[1] |
Genera | |
Sien teks |
Icacinaceae is die witpeer-familie wat tot die orde Icacinales gereken word.[2] Die familie word hoofsaaklik in die tropiese en subtropiese gebiede aangetref. Daar is 150 spesies wat wêreldwyd tot die familie hoort waarvan vyf in Suider-Afrika voorkom en drie is bome. Drie genera kom in Suid-Afrika voor. Die taksonomie van hierdie groep is egter sedert lank onseker.[3]