Algemeen | |
---|---|
Naam | Inositol |
IUSTC-naam | (1R,2R,3S,4S,5R,6S)-sikloheksaan-1,2,3,4,5,6-heksol |
Chemiese formule | C6H12O6 |
Molêre massa | 180.16 g/mol |
CAS-nommer | 87-89-8 |
Voorkoms | Wit poeier |
Fasegedrag | |
Smeltpunt | 225 - 227 °C |
Kookpunt | |
Digtheid | 1.752 g/cm3 |
Oplosbaarheid | |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | 143 °C |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Inositol of siklohexaan-1,2,3,4,5,6-hexol is 'n chemiese verbinding met die formule C6H12O6 oftewel (-CHOH-)6. Dit is 'n afgeleide van Sikloheksaan met ses hidroksielgroepe, wat dit 'n poliol maak, oftewel 'n veelvuldige alkohol. Dit kan in nege moontlike stereoisomere voorkom, waarvan cis-1,2,3,5-trans-4,6-siklohexaanhexol, of mio-inositol (voorheen bekend as meso-inositol of i-inositol), die mees algemene vorm in die natuur is.[1][2] Inositol is 'n suikeralkohol met die helfte van die soetheid van sukrose (tafel suiker).
Mio-inositol speel 'n belangrike rol as die strukturele basis vir 'n aantal sekondêre boodskappers in eukariotiese selle: die verskillende inositolfosfate. Daarbenewens speel inositol 'n belangrike rol as 'n komponent van die strukturele lipiede fosfatidielinositol (PI) en sy verskeie fosfate, die fosfatidielinositolfosfaat (PIP) lipiede.
Inositol of sy fosfate en gepaardgaande lipiede kom in baie kosse voor, veral vrugte soos spanspek en lemoene.[3] In plante dien die heksafosfaatvorm van inositol, fytiensuur of sy soute, die fitate, as fosfaatreserwe in sade, byvoorbeeld in neute en bone.[4] Fytiensuur kom ook voor in graan met hoë semelinhoud. Fytiensuur is egter nie direk biobeskikbaar vir die mens nie. Sommige voedselvoorbereidingstegnieke breek fitate af om dit verteerbaar te maak. Wanneer inositol egter in die vorm van gliserofosfolipiede voorkom, soos byvoorbeeld in lesitien, word dit goed geabsorbeer en is dit relatief biobeskikbaar.
Mio-inositol (sonder fosfaat) is voorheen beskou as 'n lid van die vitamien B - kompleks, sogenaamde Vitamien B8 in hierdie konteks. Aangesien dit deur die menslike liggaam vanaf glukose geproduseer word, is dit nie 'n essensiële voedingstof nie.[5]
An isomer of glucose that has traditionally been considered to be a B vitamin although it has an uncertain status as a vitamin and a deficiency syndrome has not been identified in man