Ligging in Letland | Wapen |
Vlag | |
Land | Letland |
Koördinate | 56°39′N 23°43′O / 56.650°N 23.717°O |
Stigting | 10de eeu |
Stadstatus | 1573 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 60 vk km |
Hoogte bo seevlak | 13 m |
Bevolking: | |
- Totaal (1 Januarie 2016) | 61 623 |
- Bevolkingsdigtheid | 1 025,34/vk km |
Tydsone | UTC +2 (OET) |
- Somertyd | UTC +3 (OEST) |
Burgemeester | Andris Rāviņš |
Amptelike Webwerf | www.jelgava.lv |
Jelgava (Duits: Mitau) is 'n stad in Letland, en lê in die gebied wat Semgale genoem word, 44 km suidwes van Riga. Tot 1919 was Jelgava bekend onder sy Duitse naam Mitau. Mitau was die hoofstad van Koerland. In teenstelling met die Hanseatiese Riga is Mitau se stadsbeeld en argitektuur sterk deur die invloed van Balties-Duitse adellike kultuur gekenmerk. Vandag is Jelgava een van die nege "republiek-stede" van Letland.