Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Judea

Die Judese heuwels.
Woudlande met Mediterreense eike en terpentynbome in Suidwes-Judea.
Israel se hooggeregshof, met Jerusalem op die agtergrond.

Judea (Hebreeus: יהודה, Yehudah; Latyn: Iudaea) is 'n bergstreek in die suidelike deel van die moderne state Palestina en Israel. Die naam is 'n antieke, historiese en moderne naam wat afgelei is van Juda (Yehudah), die seun van die Bybelse aartsvader Jakob/Israel. Juda se nageslag het die Bybelse stam Juda gevorm en later die verwante Koninkryk Juda.

Onder Hasmonese, Herodiaanse en Romeinse bewind is die naam gebruik vir 'n streek groter as die huidige streek Judea. In 132 n.C. is die Romeinse provinsie Iudaea laat saamsmelt met Galilea om die groter provinsie Syria Palaestina te vorm.[1][2]

Die term Judea is in die 20ste eeu weer deur die Israeliese regering begin gebruik as deel van die land se administratiewe distrik Judea-en-Samaria-gebied vir die streek waarna gewoonlik as die Wesoewer verwys word.[3]

  1. Clouser, Gordon (2011). Jesus, Joshua, Yeshua of Nazareth Revised and Expanded (in Engels). iUniverse. ISBN 978-1-4620-6121-1.
  2. Spolsky, Bernard (27 Maart 2014). The Languages of the Jews: A Sociolinguistic History (in Engels). Cambridge University Press. ISBN 978-1-107-05544-5.
  3. Neil Caplan (19 September 2011). The Israel-Palestine Conflict: Contested Histories. John Wiley & Sons. p. 8. ISBN 978-1405175395.

Previous Page Next Page






Judäa ALS يهودا (منطقة) Arabic Xudea AST İudeya AZ یهودیه AZB Іўдзея BE Юдэя BE-X-OLD Юдея Bulgarian যিহূদিয়া Bengali/Bangla Judeja BS

Responsive image

Responsive image