Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Juno-strand

Kanadese soldate kom aan wal te Bernières-sur-Mer

Juno strand was een van die vyf strande wat die Geallieerdes gebruik het op D-dag tydens Operasie Overlord tydens die Tweede Wêreldoorlog op 6 Junie 1944. Dit is die tweede oostelike van die vyf strande. Kanadese troepe het hier geland.

Daar was beplan dat die eerste landingsbote om 7:35 op die strand sou wees maar weens onstuimige see is die landing met 30 minute vertraag. Die nadeel van die stap was dat landmyne en ander myne toe onder die water was toe die troepe geland het en 90 van die 306 landingskepe is vernietig, die meeste as gevolg van Duitse Teller myne. Teen 10:00 het die Kanadese magte die strand beheer en die binneland begin inbeweeg. Teen 12:00 het die hele Kanadese 3de Divisie aan wal gegaan. Teen die einde van D-dag het 21,400 troepe en 3 200 voertuie hier aan land gegaan. Ongevalle was slegs 335 vir die dag, baie minder as wat verwag was.

Die eerste golf troepe aan wal het die meeste gely, een uit negentien het gesneuwel.

Die ander vier strande is Sword, Gold, Omaha en Utah.


Previous Page Next Page






Juno Beach BR Juno Beach Catalan Juno Beach (lapyahan sa Pransiya) CEB Juno Beach Czech Juno Beach Danish Juno Beach German Juno Beach English Juno Beach EO Playa de Juno Spanish Juno-ranta Finnish

Responsive image

Responsive image