Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Jutland

Jutland Skiereiland
Jutland Skiereiland

Jutland (Deens: Jylland, Duits: Jütland) is 'n skiereiland. Die noordelike deel daarvan behoort aan die Deense streke Noord-Jutland, Midde-Jutland en Suid-Denemarke, en die suidelike deel daarvan vorm die Duitse deelstaat Sleeswyk-Holstein. In die weste grens dit aan die Noordsee, in die noorde aan die Skagerrak, in die noordooste aan die Kattegat en in die ooste aan die Deense eilande en die Oossee.

Die land is taamlik plat, met lae heuwels en veengrond. Dit het 'n oppervlak van 29 775km2 en 'n bevolking van 2 491 852 (2004).

Die suidelike gedeelte vorm Sleeswyk-Holstein, waarvan die besit afwisselend Deens en Duits was. Die laaste wysiging het ná die Eerste Wêreldoorlog plaasgevind, toe deur 'n volksstemming 'n deel van Sleeswyk na Denemarke oorgegaan het.

Jutland kry sy naam van die Jutte, 'n Germaanse volkstam, wat in die 5de eeu hulleself in die gebied gevestig het.

Stede in Jutland:


Previous Page Next Page






Chutlandia AN Ēotaland ANG يوتلاند Arabic يوتلاند ARZ Xutlandia AST Yutlandiya AZ Ютландия BA Ютландыя BE Ютляндыя BE-X-OLD Ютланд Bulgarian

Responsive image

Responsive image