Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


KCRW

KCRW is 'n radiostasie en lid van die National Public Radio-netwerk (NPR) wat sy programme op 89,9 MHz FM vanuit die kampus van Santa Monica-kollege in Santa Monica, Kalifornië uitsaai.[1] Naas programme, wat van die openbare en nie-kommersiële radionetwerk NPR oorgeneem word, saai KCRW sy eie nuus- en musiekprogramme vir die Groter Los Angeles-gebied, Suid-Kalifornië en op die internet uit. Die stasie se hoofradiosender is in Los Angeles se Laurel Canyon-distrik geleë en saai in die HD Radio-formaat (op 89.9 HD-2) uit.[2]

KCRW is een van twee radiostasies met volle NPR-lidmaatskap in die Groter Los Angeles-gebied - naas KPCC in Pasadena. KCRW het 'n oorsese dogterstasie, KCRW Berlin, wat sy programme sedert Oktober 2017 in Berlyn, die Duitse susterstad van Los Angeles, op 104,1 MHz FM uitsaai.[3] KCRW Berlin het die radiofrekwensie en uitsaailisensie oorgeneem wat NPR sedert April 2006 gebruik, maar in 2017 om finansiële redes teruggegee het. Vanuit sy ateljee in die Berlynse stadsdeel Schöneberg saai KCRW Berlin onder meer programme uit wat deur NPR worldwide vervaardig word, naas plaaslike inhoud.

  1. "Santa Monica College Foundation: KCRW. Besoek op 18 Junie 2017". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Oktober 2017. Besoek op 18 Junie 2017.
  2. "HD Radio-gids vir Los Angeles". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Januarie 2017. Besoek op 18 Junie 2017.
  3. KCRW Berlin- About KCRW Berlin 104.1 FM. Besoek op 13 Augustus 2019

Previous Page Next Page






KCRW-FM German KCRW English کی‌سی‌آردابلیو FA KCRW French KCRW Korean KCRW Dutch KCRW Polish KCRW Portuguese KCRW TL

Responsive image

Responsive image