KV21 | ||
Grafkelder van twee vroue | ||
Die plan van KV21. | ||
Ligging | Vallei van die Konings | |
Land | Egipte | |
Ontdek | 9 Oktober 1817 | |
Uitgrawings deur | Giovanni Belzoni (1817) James Burton (1825) Donald P. Ryan (1989) | |
← Vorige KV20 Volgende →
WV22 |
KV21 is 'n grafkelder in die Vallei van die Konings by Thebe, naby die moderne stad Luxor in Egipte. Dit is in 1817 deur Giovanni Belzoni ontdek en in 1989 weer uitgegrawe deur Donald P. Ryan. Dit bevat die mummies van twee vroue, vermoedelik koninginne van die 18de Dinastie.[1]
In 2010 het 'n span onder leiding van Zahi Hawass DNS-bewyse gebruik om die een mummie, KV21A, tentatief te identifiseer as die moeder van twee fetusse in die grafkelder van Toetankamen.[2]