KV48 | ||
Grafkelder van Amenemipet | ||
Die plan van KV48. | ||
Ligging | Vallei van die Konings | |
Land | Egipte | |
Ontdek | Januarie 1906 | |
Uitgrawings deur | Edward R. Ayrton (1906) Donald P. Ryan (2009) | |
← Vorige KV47 Volgende →
KV49 |
KV48 is 'n grafkelder in die Vallei van die Konings by Thebe, naby die moderne stad Luxor in Egipte. Dit is in 1906 deur Edward R. Ayrton ontdek terwyl hy uitgrawings vir die miljoenêr-sakeman Theodore M. Davis gedoen het. Dit het die mummy van die adellike Amenemipet uit die 18de Dinastie bevat.