Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Karpate

'n Kaart van die Karpate wat uitstaan as 'n donker strook begrens deur woude

Die Karpatiese Gebergte (Pools, Slowaaks en Tsjeggies: Karpaty; Oekraïens: Карпати, Karpaty; Roemeens: Carpați; Hongaars: Kárpátok; Serwies: Карпати, Karpati) is 'n hooggebergte in Sentraal-, Oos- en Suidoos-Europa. Die Karpate word verdeel in die Beskide (met die Bieszczady), die Woudkarpate, die Oos-Karpate en die Suid-Karpate. Die gebergte is geleë in Hongarye, Oekraïne, Pole, Roemenië, Serwië, Slowakye en Tsjeggië. Die Karpate vorm 'n meer as 1300 km lange en 100–350 km wye boog, wat na die weste geopen is en naby Bratislava as voortsetting van die Alpe begin en weer in Noordwes-Serwië eindig. Die gebergte se hoogste deel vorm die Tatra met Gerlachovský štít (2 655 m) aan die grens tussen Pole en Slowakye, gevolg deur die Suid-Karpate met Moldoveanu (2 544 m) in Roemenië. In die Karpate ontspring riviere soos Dnister, Proet, Siret, Tisza en Vistula.


Previous Page Next Page






Karpaten ALS Carpatos AN كاربات Arabic كاربات ARZ Montes Cárpatos AST Karpat AZ Карпат тауҙары BA Karpatn BAR Карпаты BE Карпаты BE-X-OLD

Responsive image

Responsive image