Kasjoebies Kaszëbsczi | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Pole | |
Gebied: | Pommere | |
Totale sprekers: | 50 000 | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Slawies Wes-Slawies Lechities Kasjoebies | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | ||
Gereguleer deur: | Instituut vir Kasjoebies | |
Taalbedreigingstatus | ||
EXUitgestorwe taal NE
Nie bedreig nie Dit is 'n erg bedreigde taal volgens die UNESCO-wêreldatlas van bedreigde tale
| ||
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | csb
| |
ISO 639-2: | csb
| |
ISO 639-3: | csb
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Kasjoebies (kaszëbsczi jãzëk, pòmòrsczi jãzëk, kaszëbskò-słowińskô mòwa; Pools: język kaszubski, język pomorski, język kaszubsko-słowiński) is 'n Wes-Slawiese taal, wat in die ooste van Pommere (Kasjoebies: Pòmòrskô, Pòmòrze), tussen Słupsk en Gdańsk in Noord-Pole gepraat word. Hulle taal is die voortsetting van die Elbe- en Oosseeslawies, wat vroeër tot in Nedersakse gepraat is, maar waarvan die westelike variant, Polabies in die sewentiende eeu uitgesterf het.
Die aantal mense, wat Kasjoebies as omgangstaal gebruik, word op sowat 50 000 beraam, tog beskou meer as 100 000 inwoners van Oos-Pommere hulself as etniese Kasjoebe.[1] Die oorgrote meerderheid praat 'n Poolse dialek en glad nie Kasjoebies nie. Die meeste sprekers van Kasjoebies woon op die platteland, maar die belangrikste kulturele instellings van die Kasjoebiese gemeenskap bevind hulle in Gdańsk (Duits Danzig). Daar is 'n Kasjoebiese emigrantegemeenskap in Kanada.
Vanweë sy nou verwantskap met Pools is Kasjoebies van Poolse kant af tot onlangs as Poolse dialek beskou. Eers met die Poolse Wet oor Minderhede is Kasjoebies in 2005 amptelik as minderheidstaal erken. Nogtans word Kasjoebies volgens die Endangered Languages of Europe Report met uitsterwing gedreig.[2]
Sedert April 2004 bestaan daar 'n Kasjoebiese Wikipedia.