Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Kersboomwurm

Kersboomwurm
S. giganteus op Porites
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
S. giganteus
Binomiale naam
Spirobranchus giganteus
(Pallas, 1766)[1]

Die kersboomwurm (Spirobranchus giganteus) is 'n waaierwurm en seedier wat leef van die tussengetysone tot in water wat 30m diep is. Dit kom voor in al die tropiese areas in die osenae wêreldwyd. In Suider-Afrika kom dit voor aan die kus van KwaZulu-Natal en Mosambiek.

Die seedier het die vorm van 'n kersboom en die kleur waarin dit voorkom varieer geweldig: van geel, oranje, rooi, pienk, wit, blou tot bruin. Kenmerkend is daar twee spiraalvormige rye met tentakels wat ewever van mekaar gespasieer is. Die plat operkulum is gelerig en rond. Hulle woon in 'n buis gemaak van kalsiumkarbonaat wat hulle afskei. Die buis word in rots of koraal gebou. Die seediere leef naby mekaar en is filtervoerders. Hulle kom algemeen voor.

  1. ten Hove, H. (2010). G. Read & K. Fauchald (red.). "Spirobranchus giganteus (Pallas, 1766)". World Polychaeta database. World Register of Marine Species. Besoek op 26 Desember 2011.

Previous Page Next Page