Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Kilimandjaro

Kilimandjaro
Berg Kilimandjaro Berg Kilimandjaro
Ligging Kilimandjaro-gebied, Tanzanië; histories: Duits-Oos-Afrika
Hoogte 5 895[1] meter bo seevlak
Reeks Alleenstaande berg in die Kilimandjaro-massief
Koördinate 3°4′33″S 37°21′12″O / 3.07583°S 37.35333°O / -3.07583; 37.35333
Bergtipe Stratovulkaan
Eerste bestyging 1899
Eerste bestyger(s) Hans Meyer
Ludwig Purtscheller
Maklikste roete Voetslaan[2]
Ligging van Kilimandjaro op 'n kaart (Tanzanië)
Kilimandjaro
Kilimandjaro
Kaart van Kilimandjaro en Berg Meru

Kilimandjaro (Engels: Mount Kilimanjaro) is 'n bergmassief in Afrika wat in die noordooste van Tanzanië naby die grens met Kenia geleë is. Met sy hoogte van 5 895 meter is dit die hoogste berg in Afrika, asook die hoogste alleenstaande berg ter wêreld. Die massief bestaan uit die drie vulkane: Kibo, Mawenzi en Shira. Dit is een van die Vulkaniese Sewe Kruine.

Tussen 1885 en 1918 was die berg die hoogste punt op Duitse gebied (Duits-Oos-Afrika) en vanaf 1902 tot 1918 is die berg ná Keiser Wilhelm Kaiser-Wilhelm-Spitze of Wilhelmskuppe genoem. Die Kilimandjaro Nasionale Park is in 1987 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.

Die hoogste punt op die berg staan bekend as Uhuru-piek (Swahili vir: "Vryheid") . Daar is sewe roetes wat lei na Uhuru-piek met slegs een wat werklike klimwerk vereis. Die temperatuur daal tot by -30 °C bo-op die berg.[3]

Roetes na die bergtop neem 5-8 dae. Hoe meer tyd bestee word om te klim, hoe makliker sal dit wees om te akklimatiseer.[4]

  1. (en) "Kilimanjaro, Tanzania". Peakbagger.com. Besoek op 30 April 2015.
  2. "Trekking Kilimanjaro". Altezza Travel. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Desember 2017. Besoek op 23 November 2017.
  3. 'n Week se verlof, sowat R21,000 en baie wilskrag. Beeld 9 Maart 2013
  4. "How long does it take to climb Mt. Kilimanjaro?".

Previous Page Next Page