Klein-Antille Inheemse naam: Lesser Antilles, Petites Antilles, Kleine Antillen, Antias Menor, Antillas Menores | |
---|---|
Nasa-Satellietbeeld van die Klein-Antille | |
Geografie | |
Ligging | Atlantiese Oseaan, Karibiese See |
Koördinate | 14°14′N 61°21′W / 14.233°N 61.350°W |
Argipel | Wes-Indië |
Totale eilande | meer as 50
|
Oppervlakte | 13 012 vk km
|
Administrasie | |
Sien teks.
| |
Demografie | |
Bevolking | 3 735 636
|
Die eilande van die Karibiese See, wat ook onder die term Wes-Indiese eilande saamgevat word, bestaan uit die Lucayan-argipel (Bahamas en die Turks- en Caicoseilande), die Klein-Antille (Engels: Lesser Antilles; Frans: Petites Antilles; Nederlands: Kleine Antillen; Papiaments: Antias Menor; Spaans: Antillas Menores) en die Groot-Antille. Die Klein-Antille sluit die Amerikaanse Maagde-eilande, die Britse Maagde-eilande, Anguilla, Sint Maartin met Saint-Martin in die noorde en Sint Maarten in die suide, Saba, Sint Eustatius, Sint Bartolomeus, St. Kitts en Nevis, Antigua en Barbuda, Montserrat, Guadeloupe, Dominica, Martinique, St. Lucia, Barbados, St. Vincent en die Grenadine, Grenada, Trinidad en Tobago Bonaire, Curaçao en Aruba in.
Die Klein-Antille bestaan meestal uit jong vulkaniese rots of koraaleilande, terwyl die Groot-Antille uit kontinentale rots bestaan. Die Klein-Antille beslaan net 10% van Wes-Indië se oppervlakte en huisves ook net 10% van die bevolking.
Die Klein-Antille was vroeër 'n strategies belangrike hawe onderweg na die Amerikas. In die koloniale tydperk, toe die oorheersing van die see 'n land se mag gedefinieer het, was die eilande slagvelde vir verskeie imperiale magte, veral Spanje, Frankryk, Nederland en die Verenigde Koninkryk. Die eilande is aan die begin gekoloniseer vir hul hulpbronne, maar het later as belangrike vasmeerpunte vir skepe op hul reis tussen Europa en die Nuwe Wêreld gedien. Met die opkoms van kommersiële lugrederye het die strategiese waarde van die eilande stadigaan verminder.
Die eilande kan in kontras gebring word met die Groot-Antille.