Kleurpunt-langhaarkat
|
|
Alternatiewe naam |
Himalajakat (Amerika)
|
Land |
Brittanje
|
Ontstaan |
Kruisras
|
Soort lyf |
Stewig
|
Pels |
Lank
|
Patroon |
Kleurpunt
|
Wetenskaplike naam
|
Felis catus (huiskat)
|
Nota: Die kat word nie deur alle verenigings as ’n aparte ras beskou nie.
|
|
Die kleurpunt-langhaarkat (Engels: Colourpoint Longhair), of Himalajakat (Himalayan) soos hy in die VSA genoem word, is ’n langharige katras waarvan die voorkoms ooreenstem met dié van die Persiese kat. Die enigste verskille is sy blou oë en kleurpunte, ’n gevolg van die kruisteling van die Persiese kat met die Siamese kat.