Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Kopties

Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Kopte.
 
Kopties
ⲘⲉⲧⲢⲉⲙ̀ⲛⲭⲏⲙⲓ, Μετ Ρεμνχημι Mad.Rmenkami
Gepraat in: Vlag van Egipte Egipte
Vlag van Kanada Kanada
Vlag van Australië Australië
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Totale sprekers: uitgesterf[1]
Taalfamilie: Afro-Asiaties
 Egipties
  Kopties 
Skrifstelsel: Koptiese alfabet
Taalbedreigingstatus
Bedreig

CRKrities bedreigde
SEErg bedreigde
DEBedreigde
VUKwesbare
   Veilig   

NENie bedreig nie
Dit is 'n uitgestorwe taal volgens die UNESCO-wêreldatlas van bedreigde tale.
Taalkodes
ISO 639-1: geen
ISO 639-2: cop
ISO 639-3: cop

Die Koptiese taal (Bohairies: ⲙⲉⲧⲣⲉⲙ̀ⲛⲭⲏⲙⲓ met.rem.ən.khēmi, Sahidies: ⲙⲛⲧⲣⲙⲛⲕⲏⲙⲉ mənt.rəm.ən.kēme, Grieks: Μετ Ρεμνχημι Met Rem(e)nkhēmi) het regstreeks ontwikkel uit die Egiptiese taal, 'n selfstandige tak van die Afro-Asiatiese tale wat in hiërogliewe en die Hieratiese en Demotiese alfabette geskryf is. Die Koptiese alfabet is 'n gemodifiseerde vorm van die Griekse alfabet, waarby sommige letters - afhanklik van die verskillende dialekte - uit die Demotiese skrif ontwikkel is. Kopties het geleidelik ook elemente van ander tale oorgeneem.

Die bloeitydperk van Kopties was in die tydperk tussen 200 en 1100. Die laaste historiese verwysings na 'n Koptiese omgangstaal dateer uit die 17de eeu. Kopties dien nog steeds as die liturgiese taal van die Kopties-Ortodokse Kerk.

  1. "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Coptic" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Junie 2019. Besoek op 21 Februarie 2016.

Previous Page Next Page






Koptische Sprache ALS Idioma copto AN اللغة القبطية Arabic ܠܫܢܐ ܩܘܦܛܝܐ ARC لغه قبطى ARZ Idioma coptu AST Копт мацӀ AV Qibti dili AZ قیبطی دیلی AZB Копт теле BA

Responsive image

Responsive image