Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Koudeks

'n Koudeks is 'n knol, 'n verdikte wortel, stingel of deel van die stam van 'n plant wat vlak bo of vlak onder die grond groei. Die blare en die blomme sit op hierdie verdikte deel. Plante met 'n koudeks word by talle plantfamilies aangetref.

By xerofiete sterf die dele bo die koudeks gewoonlik tydens droogte af.

Stingelknolle kan van wortelknolle onderskei word. Aartappels en krokus het ondergrondse stingelknolle. Raapkool het 'n stingelknol wat bogronds kan wees. Indien die hele stingel opgeswel is, word dit 'n koudeksplant genoem.

Rooibeet en suikerbeet het 'n wortelknol, 'n verdikte wortel.

Plante met 'n koudeks is gewilde plante by versamelaars en kwekers van sukkulente.


Previous Page Next Page






Càudex Catalan Caudex German Caudex English Cáudice Spanish تنه خرمایی FA Caudex French Caudice Italian Каудекс KK Caudex LA Caudex Dutch

Responsive image

Responsive image