Kuifkopdobbertjie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. cristatus
|
Binomiale naam | |
Podiceps cristatus Linnaeus, 1758
| |
broeiende somerbesoeker heeljaar aanwesig oorwinteringsgebiede |
Die kuifkopdobbertjie (Podiceps cristatus) is een van 22 spesies in die dobbertjie-familie. Dit is die grootste dobbertjie-spesie in die Ou Wêreld, waar dit 'n ekstensiewe verspreiding het. Dit is 'n gelokaliseerde algemene standvoël wat op groot mere en panne leef. Af en toe maak dit ook nes in riviermondings en beskutte baaie. In Engels staan die voël bekend as die great crested grebe.