Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Kuruman

Kuruman
Die Oog
Die Oog
Kuruman is in Noord-Kaap
Kuruman
Kuruman
 Kuruman se ligging in Noord-Kaap
Koördinate: 27°27′56″S 23°26′15″O / 27.46556°S 23.43750°O / -27.46556; 23.43750
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieNoord-Kaap
DistrikJohn Taolo Gaetsewe
MunisipaliteitGa-Segonyana
Stigting1887
Oppervlak
 • Totaal93,39 km2 (36,06 vk. myl)
Hoogte
1 131 m (3 711 ft)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal13 057
 • Digtheid140/km2 (400/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense30.3%
 • Indiërs/Asiërs1.3%
 • Bruin mense43.7%
 • Swart mense23.5%
 • Ander4.0%
Taal (2011)
 • Afrikaans76.9%
 • Tswana14.9%
 • Engels4.0%
 • Ander4.2%
Poskode (strate)
8460
Poskode (posbusse)
8460
Skakelkode053
'n Woningstraat in Kuruman

Kuruman is 'n voormalige Engelse sendingstasie en die grootste dorp in die Ga-Segonyana munisipaliteit van die John Taolo Gaetsewe-distriksmunisipaliteit (provinsie Noord-Kaap). Die bevolking in 2011 was 13 057 mense. Die dorp is 1 131 meter bo seevlak op die Ghaapse plato en langs die N14 nasionale pad tussen Johannesburg en Upington geleë. Dit is vernoem na Khudumaan, 'n 18de eeuse Boesmanleier wat in die omgewing sy heilige plek ingerig het. [2]

Die sendingstasie is in 1821 deur eerw. Robert Moffat (1795-1883), 'n boorling van Ormiston in Skotland, en sy vrou Mary van die Londense Sendinggenootskap gestig. Die Moffats het hulle hier gevestig om uiteindelik vyftig jaar lank onder die Tswanas te werk. Die dorp Kuruman het in 1887 op die linkeroewer van die Kurumanrivier tot stand gekom. Een van die bekende bakens hier is die Oog van Kuruman, 'n fontein (en sedert die jaar 1992 ook 'n nasionale monument) wat 'n volle 20 miljoen liter water per dag lewer in die middel van die halfwoestyn. Kuruman staan derhalwe ook bekend as die "Oase van die Kalahari".

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Kuruman". Sensus 2011.
  2. Claassen, Isabel (November 1987). Kuruman 1887-1987: Suid-Afrikaanse Panorama. p. volume 32, p 13-17.

Previous Page Next Page






كورومان ARZ Kuruman (kapital sa distrito sa Habagatang Aprika) CEB Kuruman Danish Kuruman German Kuruman English Kuruman Spanish Kuruman ET Kuruman French Kuruman Italian Kuruman MG

Responsive image

Responsive image