Algemeen | |
---|---|
Naam | Lood(IV)chloried |
Chemiese formule | PbCl4 |
Molêre massa | 349,012 g/mol |
CAS-nommer | 13463-30-4 |
Voorkoms | Swaar geel vloeistof wat rook in vogtige lug[1] |
Fasegedrag | |
Smeltpunt | -15 °C |
Kookpunt | 150 °C (ontbind ~50 °C) |
Digtheid | |
Oplosbaarheid | Reageer met water |
ΔfHɵ (g) | -552,41 kJ/mol [2] |
ΔfGɵ (g) | -513,88 kJ/mol |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Lood(IV)chloried is 'n verbinding van lood (in oksidasietoestand +4) met chloor. Dit is 'n taamlik onstabiele reaktiewe verbinding wat in teenstelling tot lood(II)chloried 'n molekulêre struktuur besit. Dit bestaan uit tetraëdriese PbCl4-molekule wat redelik kovalent is. Die verbinding word daarom dikwels ook loodtetrachloried genoem.
Die stof ontbind maklik deur [1]
Daar is berigte dat hierdie reaksie tot ontploffings kan lei en dat die stof daarom onder suiwere swawelsuur by -80 °C in die donker bewaar moet word.[3]
Die tetrachloried kan vervaardig word deur PbCl2 in 'n soutsuuroplossing te suspendeer -wat die ioon PbCl−3 skep- en chloorgas deur te lei by 0 °C. Dit vorm die heksaplumbaat-ioon PbCl2−6. Die heksaplumbaat van ammonium kan as vastestof neergeslaan word en hierdie stof met swawelsuur in PbCl4 omgesit: