Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Makron

'n Makron, van die Grieks μακρόv (makrón) wat "lank" beteken, of lengteteken, is 'n diakritiese teken ¯ wat bo of onder 'n klinker geplaas word om aan te dui dat dié klinker lank uitgespreek moet word. Dit is oorspronklik gebruik om 'n lang (i.e. swaar) lettergreep te merk in Grieks-Romeinse metriek. Die teenoorgestelde is 'n brevis of kort-teken wat oorspronklik gebruik is om 'n kort lettergreep aan te dui en tans ook 'n kort klinker. Die onderskeid tussen lang en kort klinkers is gewoonlik fonemies. In die Internasionale Fonetiese Alfabet (IFA) word die makron gebruik om middel-toon aan te dui; die teken vir 'n lang klinker in die IFA is 'n aangepaste driehoekige dubbelpunt.

Die Hepburn-stelsel vir romanisering van Japannees gebruik makrons om lang klanke aan te dui. Byvoorbeeld: kōtsū (交通) "verkeer" teenoor kotsu (骨) "been" of "slag" (fig.). Ook die spelling van die Maori-taal maak gebruik van makrons.


Previous Page Next Page






مكرون Arabic Macrón AST Макрон (диакритичен знак) Bulgarian Makron BR Màcron Catalan Vodorovná čárka Czech Macron Danish Makron German Μακρόν Greek Macron (diacritic) English

Responsive image

Responsive image