Mansi маньси/моаньсь | ||
---|---|---|
Gepraat in: | ![]() | |
Gebied: | Chanto-Mansië | |
Totale sprekers: | 940[1] | |
Taalfamilie: | Oeraals Mansi | |
Skrifstelsel: | Cyrilliese alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | ![]() | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: |
| |
ISO 639-3: | mns
| |
![]() | ||
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Mansi (asook Wogoelies, wat al uitgesterf het) is ’n taal van die Mansi-volk. Dit word gepraat in dele van Rusland aan die Ob-rivier en sy sytakke, onder andere in die Chanto-Mansiese Outonome Okroeg en die Swerdlofsk-oblast. Volgens die 2010-sensus was daar 940 sprekers in Rusland.
Mansi behoort tot die Ob-Oegriese subfamilie van die Fins-Oegriese tale. Dit het vier dialekte: Suid-, Wes-, Oos- en Noord-Mansi, wat elk nie deur sprekers van die ander dialekte verstaan word nie. Die eerste twee is tans uitgesterf.
Die basis van die geskrewe taal is die Soswa-dialek, wat verteenwoordigend is van die noordelike dialek. Dit het in 1868 vir die eerste keer in die Latynse alfabet in druk verskyn. Sedert 1937 word dit in ’n vorm van die Cyrilliese alfabet geskryf.