Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Mantis

Mantis
'n Chinese mantis (Tenodera aridifolia) verslind by-prooi (bo), en 'n eierpakkie of oöteek met 'n parasietwespe (onder)
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Mantodea
Families

Chaeteessidae
Metallyticidae
Mantoididae
Amorphoscelididae
Eremiaphilidae
Hymenopodidae
Liturgusidae
Mantidae
Empusidae

'n Mantis is 'n insek wat tot die orde Mantodea behoort.[1] Daar is meer as 2 400 verskillende spesies bekend, wat in om en by 30 families onderverdeel word. Die mantis het vroeër as die hottentotsgot of hotnotsgot bekendgestaan, maar dié benamings is mettertyd as rassisties ervaar en dien daarom vermy te word. In populêre literatuur staan die mantis ook as die bidsprinkaan bekend, 'n naam wat veral aftrek begin kry het ná die publikasie van André P. Brink se gelyknamige boek in 2005.

Hierdie insekte word dwarsoor die wêreld in gematigde en tropiese habitatte aangetref. Die mantisse se naaste verwante ordes is die termiete (voorheen Isoptera) en naverwante kakkerlakke (Blattodea) wat tans onder die Blattodea verenig word. Hierdie drie groepe word onder een superorde, die Dictyoptera, verenig.

Die mantis is 'n vleisvretende insek met vier vlerke, 'n besonder lang voorborsstuk en voorpote met hake. Die voorpote word omhoog gehou en aangewend om die insek se prooi te vang en vas te klem. Afgesien van die opvallende voorpote waarmee die mantis sy prooi vang, is die sterk, verlengde borsstuk en die beweeglike driehoekige kop sy belangrikste kenmerke. Hulle vreet veral insekte en ander klein diere, maar ook soms klein voëltjies.[2]

Die wyfies vreet die mannetjies gewoonlik tydens paring op. Van die grootste spesies kan tot 16 cm lank word, maar die meeste spesies is heelwat kleiner. Mantisse van die familie Mantodea is die mees spesieryke groep.

  1. [1] 2008 Encyclopædia Britannica, Inc.
  2. Bird Predation By Praying Mantises: A Global Perspective Martin Nyffeler, Michael R. Maxwell, J. V. Remsen, Jr. The Wilson Journal of Ornithology 129(2):331-344. 2017.

Previous Page Next Page






Cangkadak ACE Mantodea AN فرس النبي (حشرة) Arabic فرس النبى ARZ Mantodea AST Dəvədəlləyilər AZ دودللییلر AZB Faungschreckn BAR Багамолы BE Cencorang BEW

Responsive image

Responsive image