Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Mengkristal

'n Mengkristal is 'n kristal waarin die plek van een atoom (of atoomgroep) in die kristal min of meer ewekansig deur 'n ander atoom (of atoomgroep) vervang kan word.

Mengskristalle is vastestofoplossings. Die vorming van oplossings is vir gasse en vloeistowwe termodinamies en struktureel baie eenvoudiger. Oplosbaarheid van die een vastestof in die ander is eerder uitsonderlik. Dit vereis dat die spesies wat mekaar vervang baie op mekaar lyk.


Previous Page Next Page