Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Miombo

Miombo-boomveld op die Njikaplato in Malawi

Die miombo-boomveld is 'n bioom wat volgens die Wêreldnatuurlewefonds se skema resorteer onder die Tropiese of subtropiese grasveld, savanne en struikveld. Dit word suidwaarts van die ewenaar in die binneland van Afrika aangetref. Dit sluit vier onderskeibare boomveldsavanne-ekostreke in (onder gelys), wat deur die oorheersende teenwoordigheid van Brachystegia- en Julbernardia-boomspesies gekenmerk word, en wat 'n spektrum van klimaatstreke insluit wat wissel van vogtig tot semi-aried, en tropies tot subtropies of selfs gematigd.[1] Om waterverlies te beperk wissel hierdie bome hul blare tipies vir 'n kort periode in die droëseisoen, en hul nuwe blare bot net voor die aanbreek van die natseisoen. Die onderliggende chlorofil word onder die vars loof se ryk goue en rooi kleure verdoesel, 'n verskynsel wat aan herfskleure in gematigde streke herinner.

  1. Gambiza, J.; Bond, W.; Frost, P.G.H.; Higgins, S. (2000). "Special Section: Land use options in dry tropical woodland ecosystems in Zimbabwe". Ecological Economics. 33 (3): 353–368. doi:10.1016/s0921-8009(00)00145-2.

Previous Page Next Page






ميومبو Arabic Міёмба BE Miombo Catalan Miombo Czech Miombo Danish Miombo German Miombo English Mjombaro EO Miombo Spanish Miombo French

Responsive image

Responsive image