Moa | |
---|---|
Skelet van 'n Dinornis novaezealandiae | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Chordata |
Klas: | Aves |
Infraklas: | Palaeognathae |
Klade: | Notopalaeognathae |
Orde: | †Dinornithiformes Bonaparte, 1853[1] |
Tipespesie | |
†Dinornis novaezealandiae Owen, 1843
| |
Subgroepe | |
Sien teks | |
Diversiteit[2] | |
6 genera, 9 spesies | |
Sinonieme[3] | |
|
Die Moas (orde Dinornithiformes) was nege spesies (in ses genusse) nievlieënde voëls wat inheems aan Nieu-Seeland was en nou uitgesterf is.[4] Die grootste twee spesies, Dinornis robustus (Suideiland) en Dinornis novaezelandiae (Noordeiland), het sowat 3,6 m hoog geword met hulle nekke uitgestrek en het sowat 230 kg geweeg.[5] Die kleinste spesies, die bosmoa (Anomalopteryx didiformis), was omtrent so groot soos 'n hedendaagse kalkoen.[6]
Ramings van die hoeveelheid moas teen die tyd dat Polinesiese setlaars hulle omstreeks 1300 in Nieu-Seeland gevestig het, wissel van sowat 58 000[7] tot sowat 2,5 miljoen.[8]
Moas word tradisioneel by loopvoëls ingedeel.[4] Hulle naaste verwante, het egter uit genetiese studies geblyk, is die vlieënde Suid-Amerikaanse tinamoes, wat eens beskou is as 'n sustersgroep van die loopvoëls.[9] Die nege spesies moas was die enigste vlerklose voëls. Hulle was die grootste aarddiere en oorheersende plantvreters in Nieu-Seeland se woude, struiklande en subalpynse ekostelsel tot met die aankoms van die Maori's, en is net deur die Haastarend gejag. Die moas het binne 100 jaar ná die mens se vestiging in Nieu-Seeland uitgesterf, hoofsaaklik omdat hulle te veel gejag is.[7]