Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Mochekultuur

’n Kaart van Peru. Die gebied van die Mochekultuur word in rooi aangedui.

Die Mochekultuur was ’n beskawing in die huidige Peru wat omstreeks 0-750 n.C. in die valleie van die Moche- en die Chicarnarivier aan die Peruaanse kus bestaan het. Op sy hoogtepunt was die gebied 400 ha groot. Die hoofstad was suid van die huidige stad Trujillo geleë.[1][2] Die Piramide van die Son en die Piramide van die Maan is oorblyfsels wat nou nog te sien is.

Die Mochekultuur was die voorloper van die Chimúkultuur. Daar is lank geglo die Moche was ’n staat, maar die meeste huidige geleerdes glo hulle was nooit in ’n politieke staat georganiseer nie. Hulle was eerder ’n klompie onafhanklike groepe met ’n gemeenskaplike kultuur.

  1. (es) Cardenas, Maritza (red.). "Huacas del Sol y de la Luna – Capital de la Cultura-Mochica". Besoek op 29 Maart 2012.
  2. (es) "Las Huacas del Sol y de a Luna". Besoek op 29 Augustus 2019.

Previous Page Next Page






Moche ALS حضارة موتشي Arabic Cultura moche AST Mochica araya AVK Moçe mədəniyyəti AZ موچه AZB মোচে সংস্কৃতি Bengali/Bangla Mochica Catalan Cultura Mochica CBK-ZAM Močická keramika Czech

Responsive image

Responsive image