Mosambiekeiland Ilha de Moçambique | |
---|---|
Uitsig oor Mosambiekeiland | |
Koördinate: 15°02′18″S 40°44′01″O / 15.03833°S 40.73361°O | |
Land | Mosambiek |
Provinsie | Nampula |
Oppervlak | |
• Totaal | 1,5 km2 (0,6 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 54 315 |
• Digtheid | 36,210/km2 (93,8/vk. myl) |
Tydsone | UTC+2 (SAT) |
Mosambiekeiland (Portugees: Ilha de Moçambique) is 'n eiland en stad in Mosambiek met 54 315 inwoners (2005), wat deel uitmaak van die provinsie Nampula. Mosambiekeiland, wat sy naam ook aan die voormalige Portugese kolonie en huidige onafhanklike republiek in die suid-ooste van Afrika verleen het, is danksy sy historiese geboue deur die UNESCO in 1991 tot wêrelderfenisgebied verklaar.