Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Neutrino

’n Neutrino is ’n elektries neutrale, swak wisselwerkende elementêre deeltjie[1] met ’n halftallige spin. Die neutrino (Italiaans vir "neutrale enetjie") word aangedui met die Griekse letter "ν" (nu). Alle bewyse dui daarop dat hulle massa besit, maar hul massa is baie klein selfs gemeet aan deeltjie-standaarde. Hul massa is nog nooit akkuraat bepaal nie.

Neutrino's het nie ’n elektriese lading nie, wat beteken hulle word nie beïnvloed deur die elektromagnetiese kragte wat op ander, gelaaide deeltjies soos elektrone en protone inwerk nie. Hulle word net beïnvloed deur die swak subatomiese krag en swaartekrag, wat baie klein is. Daarom beweeg neutrino's onverhinderd deur normale materie.

Neutrino's word geskep as gevolg van sekere tipes radioaktiewe verval, of kernreaksies soos dié wat in die Son, kernreaktors en kosmiese straling plaasvind. Daar is drie soorte leptoniese geure: elektron-, muon- en tau-neutrino's. Elke soort word verbind met ’n antideeltjie, ’n antineutrino, wat ook ’n neutrale lading en halftallige spin het. Daar is nog nie vasgestel of die neutrino en sy ooreenstemmende antineutrino identiese deeltjies is nie.

Die meeste neutrino's wat deur die Aarde beweeg, is van die Son afkomstig. Sowat 65 miljard sonneutrino's per sekonde beweeg deur elke vierkante sentimeter loodreg tot die rigting van die Son in die omgewing van die Aarde.[2]

  1. "Neutrino". Glossary for the Research Perspectives of the Max Planck Society (in Engels). Max Planck Gesellschaft. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2020. Besoek op 27 Maart 2012.
  2. J. Bahcall (2005). "New solar opacities, abundances, helioseismology, and neutrino fluxes". The Astrophysical Journal. 621: L85–L88. arXiv:astro-ph/0412440. Bibcode:2005ApJ...621L..85B. doi:10.1086/428929.

Previous Page Next Page






Neutrino AN نيوترينو Arabic نوترينو ARY নিউট্ৰিন' AS Neutrín AST Neytrino AZ نوترینو AZB Нейтрына BE Неутрино Bulgarian নিউট্রিনো Bengali/Bangla

Responsive image

Responsive image