Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Nostoc

Nostoc
Nostoc communis
Wetenskaplike klassifikasie e
Domein: Bakterieë
Filum: Cyanobacteria
Klas: Cyanophyceae
Orde: Nostocales
Familie: Nostocaceae
Genus: Nostoc
Vaucher, 1888, Ex Bornet and Flahaul

Nostoc is 'n genus van fotosintetiese stikstofbindende sianobakterieë wat algemeen voorkom in verskeie omgewings, waar dit teenwoordig is in kolonies wat uit filamente in 'n gelatienagtige skede bestaan. [1] Die genus is algemeen in beide terrestriële en akwatiese omgewings. Nostoc spp. kom ook voor in simbiotiese assosiasies met lewermosse, varings en die angiosperm Gunnera.[2]

Die mees algemene spesies is Nostoc rivulare, N. caneum, N. entophytum, N. commune, N. flagelliforme en N. punctiforme.[1] Selle van Nostoc spp. is bolvormig, vatvormig of ovaalvormige onvertakte filamente. Die filamente (trigome) kan beide heterosiste (dikwandige, gespesialiseerde stikstofbindende selle) en akinetes (dikwandige selle wat as 'n rustende sel funksioneer) bevat. Nostoc spp. ontwikkel kolonies met 'n reeks kenmerkende vorms, groottes, reuke, teksture en kleure. Indien voldoende water beskikbaar is, kan hierdie kolonies redelik groot word. Kolonies van Nostoc pruniforme so groot as 25 cm in deursnee is byvoorbeeld reeds gerapporteer.[2]

  1. 1,0 1,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Marc
  2. 2,0 2,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Ira

Previous Page Next Page






Nostoc AN نوستك Arabic نوستك ARZ Насток BE নসটক Bengali/Bangla Nòstoc Catalan Jednořadka Czech Nostoc Danish Nostoc German Nostoc English

Responsive image

Responsive image