Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Nywerheid

'n Nywerheidsgebied

Nywerheid of industrie verwys na die produksie van goedere in 'n ekonomie.[1] Dit word gekenmerk deur die vervaardiging en verwerking van materiële goedere of artikels in fabrieke en ondernemings. Dit word verder gekenmerk deur 'n hoë graad van meganisering en outomatisering (industrialisasie genoem), in teenstelling tot die ambagtelike vorm van produksie.

Tydens die nywerheidsrevolusie het die vervaardigingsbedryf 'n belangrike sektor van produksie en arbeid in Europese en Noord-Amerikaanse lande geword. Dit het plaasgevind deur vinnige, opeenvolgende vooruitgang in tegnologie, soos die produksie van staal en steenkool.

Na die nywerheidsrevolusie is ongeveer 'n derde van die wêreldekonomie van vervaardigingsbedrywighede afgelei. Verskeie ontwikkelde lande en baie ontwikkelende lande (soos die Volksrepubliek China, Indië, ens) se ekonomieë is van die vervaardigingsbedryf afhanklik. Hierdie industrieë, asook die lande waar dit voorkom, is in 'n komplekse web van interafhanklikheid verweef.

  1. Industry | Define Industry at Dictionary.com

Previous Page Next Page






Ааглых AB Industrie ALS Fabricación AN تصنيع Arabic صناعه ARZ উদ্যোগ AS Manufactura AST उद्योग AWA Maddi istehsal AZ Сәнәғәт етештереүе BA

Responsive image

Responsive image