Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Odussee

Die nege beginverse van Homeros se Odussee.
Odusseus en die Sirenes, deur John William Waterhouse, 1891.

Die Odussee of Odusseia (ook geskryf OdysseeGrieks: Ὀδύσσεια) is een van twee belangrike, antieke Griekse epiese gedigte wat met Homeros verbind word. Dit is gedeeltelik ’n opvolg op die Ilias, die ander werk wat waarskynlik deur Homeros geskyf is. Dit is die tweede werk van die Westerse letterkunde (die Illias is die eerste) en is vermoedelik geskryf aan die einde van die 8ste eeu v.C.[1][2]

Homeros, Odussee, manuskrip, 3de kwartaal van die 15de eeu (Britse Biblioteek)

Die hoofonderwerp van die gedig is Odusseus (of Odysseus) en sy lang reis huiswaarts ná die val van Troje. Dit neem hom tien jaar om terug te kom op Ithaka ná die tienjarige Trojaanse Oorlog. In sy afwesigheid is aangeneem dat hy dood is, en sy vrou, Penelope, moes in dié tyd hard probeer om ’n klomp vryers aan ’n lyntjie te hou wat graag met die "weduwee" wou trou.

Die oorspronklike gedig is in ’n mondelinge tradisie geskryf en was bedoel om gesing eerder as gelees te word.[1] Die Odussee is geskryf in ’n streeklose poëtiese dialek van Grieks en bestaan uit 12 110 reëls van daktiliese heksameter.[3]

  1. 1,0 1,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named The Odyssey 2003
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named bbc
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named fox

Previous Page Next Page






Odyssee ALS ኦዴሲያ AM A Odisea AN ओडेसी ANP أوديسة Arabic الاوديسا ARZ ওডিছী AS Odisea AST Odusseia AVK ओडेसी AWA

Responsive image

Responsive image