Ostjaaks ханты ясаң, hantĩ jasaň | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Rusland | |
Gebied: | Chanto-Mansië | |
Totale sprekers: | 9 580[1] | |
Taalfamilie: | Oeraals Fins-Oegries Oegries[2] Ostjaaks | |
Skrifstelsel: | Cyrilliese alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Chanto-Mansië | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | fiu
| |
ISO 639-3: | kca
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Ostjaaks of Chanti (ханты ясаң, hantĩ jasaň) is een van twee Ob-Oegriese tale, die ander is Wogoels, wat saam met Hongaars die Oegriese tak van die Fins-Oegriese groep in die Oeraalse taalfamilie vorm. Dit word in die okrugs van Chanto-Mansië (Russies: Ханты-Мансийский – Chanti-Mansjiskii) en Jamalo-Nenetsië (Яма́ло-Нене́цкий), sowel as in die Aleksandrowski- en Kargosokski-distrikte van die Tomsk-oblast in Rusland gepraat. Daar was volgens die sensus van 2010 9 600 Ostjaakssprekers in Rusland.