Otters | |
---|---|
![]() | |
Rivierotters | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | Lutrinae
|
Genera | |
Amblonyx, Aonyx, Enhydra, Lontra, Lutra, Lutrogale, Pteronura |
Otters (Lutrinae) is amfibiese vleisetende soogdiere. Die otter subfamilie Lutrinae is deel van die familie Mustelidae, en kom amper wêreldwyd voor.
Hulle kom wydverspreid oor die wêreld voor en hou hoofsaaklik in varswater, hoewel een spesie uitsluitlik en 'n paar ander gedeeltelik in die see leef. In Suider-Afrika kom twee spesies voor, waarvan een hom daarin onderskei dat hy geen kloue het nie. Otters is roofdiere war veral vis vreet. In Europa en Suid-Amerika word hul voortbestaan ernstig bedreig. Otters (subfamilie Lutrinae) is marteragtige roofdiere (familie Mustelidae) wat aangepas is by ʼn leefwyse in die water.
Hul slanke liggame en lang, dik sterte is stroombelyn, die pels is waterdig en die gehoorgang kan gesluit word wanneer die dier in die water duik, Otters lyk betreklik lomp as hulle op land beweeg, maar is rats en tuis in die water, waar die agterpote as roeispane dien. Otters swem net so as robbe en dolfyne deur sydelingse bewegings van die romp en stert, terwyl die voorpote dan nie gebruik word nie.
Hul doeltreffende aanpassing by die waterlewe het onder meer daartoe bygedra dat otters oor feitlik die hele wêreld versprei is. Al waar otters nie voorkom nie, is Australië, Madagaskar, die Poolgebiede en op die eilande van die Stille Oseaan.