Pahlavi-dinastie | |
---|---|
Sjah van Persië | |
Land | Persië |
Gestig | 15 Desember 1925 |
Stigter | Reza Sjah Pahlavi |
Laaste heerser | Mohammed Reza Pahlavi |
Afgesit | 11 Februarie 1979 |
Huidige hoof | Reza Pahlavi |
Opgevolg deur | Islamitiese Republiek Iran |
Die Pahlavi-dinastie of Pahlevi-dinastie (Persies: دودمان پهلوی) was die laaste koninklike dinastie van Iran. Hulle het tussen 1925 en 1979 altesaam 54 jaar lank regeer. Hoewel die dinastie in die moderne tyd deur 'n niearistokratiese familie gestig is, het hulle hulleself genoem na die taal Pahlavi, wat in die pre-Islamitiese Sassanidiese Ryk gepraat is, om hulle nasionalistiese aansprake te versterk.[1][2]
[[File:Flag of Iran before 1979 Revolution (Pahlavi Monarchy).svg|thumb|Pahlavi-dinastie]]
Die dinastie het die Kadjar-dinastie in die vroeë 1920's vervang, vanaf 14 Januarie 1921 toe Brittanje die 41-jarige soldaat Reza Khan bevorder het om die Britsbeheerde Persiese Kosakbrigade aan te voer.[3] Sowat 'n maand later, onder Britse leiding, het Reza Khan se brigade van 3 000 tot 4 000 man Teheran bereik in wat bekend geword het as die Persiese staatsgreep van 1921.[4][5] Die res van die land is teen 1923 oorgeneem en teen Oktober 1925 het die owerhede ingestem om Ahmad Sjah Kadjar van die troon te sit en te verban. Reza Pahlavi is op 12 Desember 1925 as die nuwe sjah van Iran aangewys.[6]
Die dinastie het die land 28 jaar lank, van 1925 tot 1953, regeer as 'n vorm van konstitusionele monargie en ná die omverwerping van 'n demokraties verkose eerste minister, vir nog 26 jaar as 'n outokratieser monargie totdat die sjah self in 1979 afgesit is.