Pampoen verwys na sekere kultivars van skorsies, mees algemeen dié van Cucurbita pepo, wat rondom 'n gladde, effens geriffelde, skil het en diep geel tot oranje gekleur is. Die dik dop bevat die sade en pulp. Sommige buitengewoon groot kultivars van skorsies met 'n soortgelyke voorkoms is ook afgelei van Cucurbita maxima. Spesifieke kultivars van die winterskorsies is afgelei van ander spesies, insluitend C. argyrosperma en C. moschata, word ook soms "pampoen" genoem. In Nieu-Seeland en Australië verwys die term "pampoen" in die algemeen na die breër kategorie wat winterskorsies elders genoem word.
Pampoene, soos ander skorsies, is inheems aan Noord-Amerika. Pampoene word wyd gekweek vir kommersiële gebruik. Pampoenpastei is 'n tradisionele deel van dankseggingsetes in die Verenigde State van Amerika. Kommersieel geblikte pampoen puree en pampoen pasteivulsels word gewoonlik gemaak van verskillende soorte van die winterskorsies. Pampoene word dikwels uitgehol as Jack o'lanterns vir versiering rondom Halloween.
Pampoen, rou Voedingswaarde per 100 g | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Energie 30 kcal 110 kJ | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Link to USDA Database entry Persentasies is relatief tot VSA aanbevelings vir volwassenes. Bron: USDA Voedingstof-databasis |