Papaja | |
---|---|
Papajaboom met 'n deurgesnyde ryp vrug (regs). Geneem vanuit Koehler se Medicinal-Plants (1887) | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. papaya
|
Binomiale naam | |
Carica papaya |
Die papaja ((en) : papaya of pawpaw) is die eetbare vrug van die plant Carica papaya in die plantfamilie Caricaceae. Dit is inheems aan die tropiese woude van Suid-Amerika, moontlik die suide van Meksiko en die naburige Sentraal-Amerika.[2] Dit was oorspronklik in Meksiko verbou, 'n paar eeu voor die opkoms van die Meso-amerikaanse klassieke beskawings.
Die papaya is 'n mediumgroot, boomagtige plant, met 'n enkele stam wat 5–10 m (16–33 vt) hoog word, met spiraalblare wat tot die bopunt van die stam beperk is. Die onderste stam is opvallend kaal tot waar blare en vrugte gedra word. Die blare is groot, 50–70 cm (20–28 dm) in deursnee, diep handvormig gelob, met sewe lobbe. Ongewoon vir sulke groot plante is die bome tweehuisig. Die boom is gewoonlik onvertak. Die blomme is soortgelyk in vorm as dié van die Plumeria, maar is baie kleiner en wasagtig. Hulle verskyn op die oksels van die blare, volwasse groot vrugte is 15–45 cm (6–18 dm) lank en 10–30 cm (4–12 dm) in deursnee. Die vrugte is ryp wanneer dit sag voel en die skil in 'n donkergeel tot oranje kleur verander het.