Huis van die Piaste | |
---|---|
Die Piaste-dinastie se wapen, die Wit Koningsarend, is vir die eerste keer in 1295 gebruik
| |
Lande | Koninkryk van Pole Koninkryk van Galisië-Wolhinië Hertogdom van Masowië Hertogdom van Silesië verskeie Hertogdome van Silesië Hertogdom van Boheme |
Stigter | semi-legendariese Piast, seun van die legendariese Chościsko |
Laaste heerser | Kasimir die Grote in die Koninkryk van Pole Georg IV Willem van Legnica in die Hertogdome van Silesië |
Gestig | 960 |
Ontbinding | 1370 in die Koninkryk van Pole 1675 in die Hertogdome van Silesië |
Sylinies | Silesiese Piaste, later die oudste oorlewende tak van die dinastie Huis van die Griffins[1][2] |
Titels | Koning van Pole Koning van die Rus Hertog van die Pole Hertog van Pole Hertog van Krakau Hertog van Kujawy Hertog van Masowië Hertog van Sandomierz Hertog van Groter Pole Hertog van Silesië en verskeie ander hertoglike titels (sien hertoë van Silesië) Hertog van Sieradz-Leczyca Hertog van Boheme |
Die Piaste (Pools: Piastowie) was 'n Poolse dinastie wat tussen die 9de en 17de eeu met talle hertoë en konings 'n belangrike rol in die geskiedenis van die land gespeel het. Die Piaste het hulle oorsprong in die Polane, 'n vroeë Poolse stam, terwyl die naam Piaste na hul legendariese stamvader Piast verwys.
Die term "Piaste-dinastie" is vir die eerste keer in die 18de eeu deur die Poolse geskiedkundige Adam Naruszewicz (1733-1796) gebruik.