’n Pigmee is lid van ’n etniese groep wat buitengewoon kort is; antropoloë definieer die term as lid van enige groep waar die mans se gemiddelde lengte minder as 150 cm is.[1] Die term word meestal verbind met volke in Sentraal-Afrika, soos die Aka, Efé en Mbuti.[2] As "pigmee" gedefinieer word as lid van ’n groep waarvan die mans korter as 1,55 m is, is daar ook pigmeë in Australië, Thailand, Maleisië, Indië,[3] Indonesië, Filippyne, Papoea-Nieu-Guinee, Bolivia en Brasilië.[4]