Polonie is die naam vir 'n groot wors gemaak van 'n mengsel van bees- en varkvleis wat gewild is in Suid-Afrika en baie gewild was in Brittanje tydens die 17de en 18de eeu. Polonie word nou minder dikwels geëet. Polonie kan gestoor word vir lang tydperke, soms baie weke. Gewoonlik word polonie goed gekruie voordat dit warm gerook word. Dit kan ook gekook word in kookwater wanneer nodig.