Pomelo | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. × paradisi
|
Binomiale naam | |
Citrus × paradisi Macfad.
|
Die pomelo (Citrus × paradisi) is 'n subtropiese sitrusboom bekend vir sy suur semi-soet vrugte, 'n 18de-eeuse kruising oorspronklik in Barbados geteel. Toe dit ontdek is, is dit "verbode vrugte" genoem. Die huidige "grapefruits" lyk meer na die oorspronklike "pomelo" (Citrus maxima). Bekende rasse is: 'Duncan', 'Foster', 'Thompson', 'Ruby', 'Red' en 'Marsh'.
Die pomeloplant word gewoonlik 5-6 meter hoog, maar kan soms 'n hoogte van 15 meter bereik. Die blare is dun en donkergroen, en word tot 15 cm lank. Die blomme is ongeveer 5 cm lank, wit, en het 4 blare. Die vrug het 'n geel skil en 'n deursnee van 10–15 cm. Die vlees is na gelang van die kultivar wit, geel of pienk van kleur en 'n pulp wat in duidelike segmente verdeel is. Die smaak is - soos by alle sitrusvrugte - suur, maar neig effens na bitter. Pomelos word ook gebruik in verslankingsdieëte, in die veronderstelling dat dit die metabolisme en vetverbranding bevorder.